fbpx

Peter and the Wolf. Prokofiev. CHILDREN’S CONCERT. Gauteng Philharmonic Orchestra

When:
March 16, 2020 @ 12:00 – 13:00
2020-03-16T12:00:00+02:00
2020-03-16T13:00:00+02:00
Where:
Brooklyn Theatre
c/o 13th Street & Thomas Edison
Menlopark
Cost:
R310, R260, R260, R210, R150
Contact:
Administrator
0124606033

Pieter en die Wolf / Peter and the Wolf
CHILDREN’S CONCERT
Gauteng Philharmonic Orchestra

Peter and the Wolf was composed by Sergei Prokofiev specifically with the young child in mind. It was written in 1936 and the composer made use of brilliant instrumental effects to create musical pictures.

The striking text for this work, written by Philip de Vos, is read by Christopher Vale. In addition, the well-known Johan (Swannie) Swanevelder will depict the text using marionettes as characters – Peter, Grandpa, Bird, Duck, Cat, Hunters and the Wolf – while the orchestra performs the music.

This programme will present a unique opportunity for every young child to experience the mix of puppet theatre and symphonic instruments. To complete the programme some of the world’s most popular classical hits were chosen to create an excellent chance to sow the seeds for appreciation of classical music.

Monday 16 March 09:00 (Afrikaans) and 12:00 (English)
Tuesday 17 March 09:00 (English) and 12:00 (Afrikaans)

The following works conclude the performance:

On Hearing the first Cuckoo in Spring – Delius
Minuet – Boccherini
Water Music – Handel
Excerpt from Four Seasons – Vivaldi
Badinerie – Orchestral suite no, 2 – Bach
Teddy Bear`s Picnic – Walter
Beer Barrel Polka – Vejvoda (with Grade One learners)

The aim of this Children’s Concert Series is to provide an opportunity for more children to visit the theatre and become part of a musical journey with the Gauteng Philharmonic Orchestra. Brooklyn Theatre urges school principals and teachers to regard this as an educational opportunity and to treat learners just before the school holidays, which begin on 20 March 2020, by bringing them to experience the theatre.

Brooklyn Theater has 400 seats. We advise you to contact us as soon as possible to confirm bookings.

Ticket prices
R150 pp learners and students
R120 pp group bookings of 10 or more learners/students
Teachers receive one free ticket per 20 learners/students

Schoolbookings at jpverster@brooklyntheatre.co.za

Adults R310 (A Block), R260 (B Block), R180 (C Block)

Public bookings via www.brooklyntheatre.co.za or 012-460-6033

Monday 16 March 09:00 (Afrikaans) and 12:00 (English)
Tuesday 17 March 09:00 (English) and 12:00 (Afrikaans)

For further information, please phone Magdaleen Lamey, head of Musicula at 082 562 7379. We are looking forward to accompany your learners on this unforgettable musical journey. ‘n Lekkerkry-oggend met my kleinseun.

Ek wil graag verslag doen van een van die lekkerste en mees geslaagde vakansie-oggende ooit wat ek saam met jy kleinseun Thomas (Suilkrans-Laerskool, Graad Sewe) deurgebring het. Ek het ‘n video-opname van ‘n konsert wat die Gautengse Filharmoniese Orkes twee jaar gelede aangebied het in die hande gekry, en kon nie wag om saam met Thomas daarna te kyk nie. Dit was nogal ‘n risiko want watter normale twaalfjarige rekenaarspeletjie-outoriteit sal ‘n oggend lank na klassieke musiek wil luister?

Ek was verniet bekommerd. Thomas – én ek – het vasgenael gesit, en plek-plek gekraai van die lag. Die orkes onder leiding van Matheu Kieswetter het hul beste voetjie voorgesit en die oorspronklike verse wat Philip de Vos vir die geleentheid geskryf het, is uit die hoogste en vrolikste rakke.

Eerste aan die orde was Camille Saint-Saëns se Karnival van die Diere. Die komponis het sy “Soölogiese Fantasie” oorspronklik vir ‘n huispartytjie in 1886 geskryf en wou (met die uitsondering van die Swaan-gedeelte) nie toelaat dat dit tydens sy leeftyd in die openbaar gespeel moes word nie. Maar toe dit wel na sy dood in 1922 vir die eerste keer uitgevoer is, was dit ‘n onmiddelike treffer. Die parade van die diere is groot pret, met die wysies wat ons saam kon neurie: die leeus en die hoenders, die muile, die stadige skilpad en die groot olifant, die kangaroe en die donkies, die visse en die voëls met al hul maters. Saint-Saëns wat ‘n begaafde pianis was het sy eie spesie tot diere verklaar met twee pianiste wat met groot erns en plegstatigheid een toonleer na die ander aframmel, in die geselskap van ‘n vrolike dansende groep fossiele. En dan is daar natuurlik ook die grasieuse swaan, wat deur die beroemde ballerina Anna Pavlova verewig is in haar uitbeelding van die sterwende swaan.

Jare gelede het Ogden Nash humoristiese verse vir elke dieresoort geskryf. Philip de Vos se Afrikaanse verse wat hy self tydens die konsert voorgedra het is enige tyd net so mooi en vol pret. Luister wat sê hy van die olifant: Beskou hom goed van elke kant/ Dis gewis ‘n olifant/ Lank van slurp en kort van stert/ Sy tande is glo heelwat werd/ Dus het hy benoude boude, doer in ons Knysnawoude/ Olifant is dik en rond, vol kolestrol – ongesond/ Olifant kan in ‘n japtrap jou en my glo maklik paptrap.

Die Russiese komponis Sergei Prokofiev het sy musikale verhaal van Pieter en die Wolf in 1936 in vier dae voltooi, die teks sowel as die musiek. Terwyl Pieter met sy heldedaad besig is om die wrede wolf te fnuik, word een rolspeler na die ander bekendgestel, elkeen verteenwoordig deur ‘n enkele instrument of ‘n groep orkes-instrumente. Die fluit stel die slim voëltjie voor, die hobo die onnosele eend. Die slinkse kat word deur die klarinet uitgebeeld en die brommerige oupa deur die bromklank van die fagot. Die vreeslike,verskiklike wolf deur drie horings bekendgestel en die jagters wat veels te laat op die toneel aankom deur die blaasinstrumente. Pieter, die held, is belangrik genoeg dat al die strykers sáám sy roemryke dade uitbeeld.

Dis ‘n heerlike verhaal-op-note wat jong luisteraars aan ‘n simfonie-orkes voorstel. En weer eens is dit Philip de Vos wat die gehoor van lekkerkry laat kraai met sy vrolike verse. Saam met die video word die teks van die verse voorsien. Gelukkig, want ‘n mens wil dit oor en oor lees.

Tydens die uitvoering was kinders nie net genooi om te luister nie, maar ook om deel te neem aan die program. ‘n Groepie leerders by Musicula het hul plek op die verhoog ingeneem om saam met die orkes die bekende Speelgoed-simfonie uit te voer. Oor wie presies die komponis was word nog altyd kopgekrap: dalk Leopold Mozart of Josef Haydn, of iemand anders. Maar die musiek is mooi en die kinders met hul speegoedinstrumente het behoorlik van hulle laat hoor. Praat van trotse ouers en oupas en oumas in die gehoor!

Terug by ons huis waar Thomas en ek die dag na die video sit en kyk het. Wat was sy reaksie? Ons het lank oor die mooi musiek en die gediggies gesels. Uiteindelik was die oordeel van my kleinseun die mooiste kompliment wat Saints-Saëns en Prokofiev uit die mond van ‘n twaalfjarige kan kry: “Oupie, die musiek was cool!”

Die video Pieter en die Wolf (SPDVD004) is deur Salon Musiek vervaardig en is by hul musiekwinkel in Pretoria beskikbaar. Ek kan nie aan ‘n meer ideale verjaarsdag- of kersgeskenk dink nie.

Piet Meiring