fbpx

PIETER EN DIE WOLF E-uitsending vir die jongspan

When:
March 21, 2020 @ 10:30 – 11:30
2020-03-21T10:30:00+02:00
2020-03-21T11:30:00+02:00
Where:
Brooklyn Theatre
c/o 13th Street & Thomas Edison
Menlopark
Cost:
Free
Contact:
Administrator
0124606033

PIETER EN DIE WOLF
E-uitsending vir die jongspan toegelig in Afrikaans deur die Gauteng Filharmoniese Orkes.

Dirigent: Matheu Kieswetter
Versies & Aanbieding: Philip de Vos – in Afrikaans
Opgeneem op 12 Junie 2016.

E-uitsending aan die publiek.
Eiendom van Brooklynteater en word geskenk aan die publiek
in vier e-uitsendings.

Saterdag 21 Maart 10:30
Maandag 23 Maart 10:30
Dinsdag 24 Maart 10:30
Woensdag 25 Maart 10:30

https://www.youtube.com/channel/UC7PM…

Vir kinders om kennis te maak met ’n simfonie orkes in ons eie taal, het Salon Musiek nou die voortou geneem.

Wie is dan nou ook meer geskik om die orkes op pittige wyse aan die kleinspan (en sommer ook musiekliefhebbers van enige ouderdom) bekend te stel, as Philip de Vos. Met hierdie program fokus die Gauteng Filharmoniese Orkes op klassieke vermaak vir die hele gesin. Philip de Vos se pittige versies vir Pieter en die Wolf word deur homself voorgedra.

Die verhaaltjie van Pieter en die Wolf, toegelig deur Prokofiev se uitnemende musiek, funksioneer op grondvlak vir die jongspan terwyl dit ook eintlik ’n allegorie is rondom die politiek in Rusland in die 1930’s. Hierdie opname is perfekte leermateriaal vir enige musiekdepartement, tuisleerders en volwasse musiekliefhebbers wat op prettige wyse nader wil kennis maak met die instrumente in ’n simfonie orkes!

Hierdie opname is gemaak op 12 Junie 2016 by die Brooklynteater,
die DVD is te koop by die SalonMusiek winkel,
maak seker om ’n draai te maak vir jou kopie
wanneer ons weer oop is vir besigheid.